Verkul deur beroker
2009-08-06
INWONERS van Paarl-Oos word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ene Melvin Goldstein. Goldstein doen homself voor as ’n beroker teen insekte. Wanneer hy toegang verkry tot wonings dan sê hy vir sy niksvermoedende slagoffers dat hulle buite moet wag terwyl hy sy werk doen. Nadat hy dan die pad gevat het, kom hulle agter dat waardevolle items uit hul huise verwyder is. Enigiemand wat die polisie kan help met hul ondersoek kan vir insp Gavin Lombaard skakel by 021-877-5913.
More
News
|