Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


JT weer ysterman

JT weer ysterman
 
2009-08-06

Sieb Sieberhagen

’n PAARLSE vrugteboer en stadsraadslid, JT Basson, is ’n man van staal. Hy het so pas vir die tweede agtereenvolgende jaar die titel van Peninsula Iron Man in sy sak gesteek.

Om vir hierdie titel aanspraak te maak, moet jy deelneem aan die Twee Oseane marathon (56km), die Argus fietswedren (109km) en die Bergrivier kanomarathon (240km).

Die atleet wat dit in die kortste tyd voltooi, word as die wenner aangewys.

Vanjaar het Basson behoortlik stof in die ander se oë geskop deur sy naaste teenstander met amper meer as ’n uur en ’n half te klop. Hy het in ’n tyd van 25:36:36. klaargemaak.

“Gelukkig het ons vanjaar ’n lekker Berg gehad. Die omstandighede was ideaal,” vertel Basson wat hom hoofsaaklik toespits op draf. Weekliks draf hy tussen 80 en 90 kilometer om fiks te bly.

“Indien jy nie fiks is met die drawwery nie, sal jy maar swaar leef tydens ’n marathon,” vertel Basson wat eers op 40-jarige ouderdom begin draf het.

“Vanjaar se Argus fietswedren was nogal vir my moeilik. Die wind het geweldig gewaai en ek kon beswaarlik my fiets regop hou. Ek kon dit nogal voel aan my arms,” sê hy.

Basson wat reeds in graad 11 aan sy eerste Bergrivierkanomarathon deelgeneem het, het vanjaar sy 32ste Berg voltooi. Dit is ook die 14de keer dat hy die Two Oceans voltooi het en die 15de Argus.

Dit gaan deesdae so lekker met die oefenry dat hy selfs sy gesin oortuig het om te begin draf.

Sy vrou, Ria en sy dogter, Annamie (hoofdogter by Gimnasium), is ook reeds kranige hardlopers.

Hy en sy seun Pieter-Willem (wat vanjaar vierde in die Berg geëindig het) neem ook graag deel aan “adventure racing”.

En as hy nie draf, met die boerdery besig is of na raadsbelange omsien nie, sal hy in die jagveld wees - ook een van sy groot liefdes.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za