Dokters benodig by Paarl Hospitaal
2009-08-27
ALLE private geneeshere of spesialiste in die kliniese velde van Chirurgie, Verloskunde en Ginekologie, Pediatrie en Ortopedie, wat belang sou stel om diens by Paarl Hospitaal te verrig, soos en wanneer benodig, teen ’n fooi per uur basis, word uitgenooi na ’n vergadering met dr Breslau Kruger op Vrydag 28 Augustus om 14:00 te Paarl Hospitaal Raadsaal. Uurtariewe sal vir dienste gelewer betaal word. Vir enige navrae, kontak Charmaine Searle by 021-860-2508.
More
News
|