Anna vier honderd jaar
2005-08-25
SATERDAG vier Anna Kermis van die Paarl haar 100ste verjaarsdag. Sy is op 27 Augustus 1905 in die Paarl gebore as ’n nooi Kriel, het hier skoolgegaan en as huishulp gewerk.
Op 27 November 1927 trou sy met Manie Kermis. Twaalf kinders is uit die huwelik gebore, waarvan ses reeds oorlede is. Manie is in 1961oorlede.
Antie Anna was baie aktief in die kerk en tot op 80 jaar was sy nog betrokke by die vrouevereniging van VGK Zions.
Sy was ook ’n groot ondersteuner van Albions rugbyklub waarvan haar man ’n stigterslid was.
“Antie” Anna sê dit is net deur die genade van God wat sy vir honderd jaar gespaar is. “Ek het my ouers gerespekteer en ook my kinders met respek en dissipline opgevoed.”
Volgens haar het sy nooit drank en sigarette gebruik nie en sy glo dit is hoekom sy so gesond is.
Sy het 55 kleinkinders, 99 agterkleinkinders en 20 agteragterkleinkinders.
More
News
|