Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bouers aangeval oor leer

Bouers aangeval oor leer
 
2009-08-27

Lise Beyers

TWEE boukontrakteurs het Dinsdag ’n noue ontkoming gehad, nadat hulle ’n vermeende dief in sy spore gestuit het.

Dié oggend is Paul Marais van Pieter du Toit Konstruksie op ’n bouperseel langs die Paarlse stadsaal in Hoofstraat deur werknemers in kennis gestel dat ’n man daar weg is met ’n leer.

Hierdie man, ’n vorige werknemer, het die vorige dag ook vermoedelik verf gesteel.

Genoeg was genoeg en Marais het sy eie speurwerk gedoen en inligting opgevolg oor waar die man homself mag bevind.

Kort voor lank is hy en Zakela Ladlokova in sy bakkie in die rigting van Plumbagostraat, Paarl-Oos.

Hier het hulle die vermeende dief, ene Winston, op heterdaad betrap terwyl hy besig was om die leer op te saag om as skroot te verkoop.

Maar toe Marais die leer by hom afneem, het omstanders oproerig geraak, en vir hom en Ladlokova met klippe begin bestook.

“Ek moes net koes of ek sou getref word.”

Tussen die amok deur, het Marais daarin geslaag om die polisie te skakel. Met hul aankoms op die toneel het die skare verdwyn.

“Ons kan baie bly wees dat ons nie beseer is nie, dit was byna.”

Die verdagte, ene Winnie, is steeds op vrye voet.

* Two builders were attacked in Paarl East when they apprehended a suspect in connection with theft.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za