Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroedvrou van formaat

Vroedvrou van formaat
 
2005-08-25

David Joshua

OM 10 522 babas te vang en in hierdie wêreld in te bring, is ‘n groot voorreg. So sê Elizabeth Solomons (77) van die Paarl.

Hierdie vroedvrou is alombekend vir die werk wat sy verrig het in die distrik.

“Nee, my gesondheid is nog goed, maar ek het darem al aan die horlosie laat werk - nou klop hy heel goed,” skerts Davids.

Gebore in die laat twintigerjare as Elizabeth Davids op Graaff-Reinet, het sy diep spore getrap in die verpleeg-wêreld.

Die heel laaste baba wat sy “gevang” het, is op 31 Mei 1988 op haar aftreedag gebore, want sy wou die 22 van die getal volmaak.

Sy was sedert 1952 getroud met Edward Solomon, ook ‘n Graaf-Reinetter en onderwyser, wat haar in 1979 ontval het.

Uit hul huwelik is drie dogters gebore, Esmerelda Voight, nou woonagtig in Greenhaven, Naomi Horn, opvoeder aan Weltevrede Sekondêr, en Alfrieda Aanhuizen, wat ma se voetspore gevolg het en werksaam is by Paarl Hospitaal.

Nou is daar reeds vyf kleinkinders en vorm hulle ‘n hegte gesin.
Solomons het aan die Holy Rosary Mission in Cradock matrikuleer en daarna as algemene verpleegster in 1949 by die Somerset Hospitaal gekwalifiseer.

In 1950 voltooi sy haar kraamkursus vir distriksverpleegster by die St Monica Home in Kaapstad.

Sy het toe begin verpleeg vir distrik en kliniek in Graaff-Reinett tot 1954, waarna sy na die Paarl Hospitaal gekom het om distriksverpleging en kliniekwerk te doen.

Van toe af is sy volbloed Paarliet, en het eers in Noorder-Paarl gewoon, maar later moes sy verhuis na Newton, Wellington, waar sy steeds in Heuwelstraat bly.

So onthou sy hoe sy oor een naweek vanaf die Vrydagaand tot Maandagoggend in Agter-Paarl van plaas tot plaas gereis het en elf babas gevang het!

Baie van die swanger vroue het saam met haar in die motor tot by die kliniek gery vir behandeling - gelukkig het nie een in die motor gekraam nie!

Sy voltooi later ‘n ekstra kursus in Gesinsbeplanning en Sitologie, maar moes eers verlof kry van die Katolieke Kerk waaraan sy behoort.

Gedurende die vroeë tagtigerjare neem sy die leisels vir agt jaar oor as nagmatrone in bevel van Paarl-Oos se TC Newman Hospitaal.

Tans hou sy haar steeds besig met werk in die gemeenskap en deur die kerk besoek sy gereeld siekes in die hospitaal om hulp te verleen waar nodig.

Sy is lief vir tuinmaak, en een van haar stokperdjies is om seep te maak, wat sy aan liefdadigheidsorganisasies soos St Vincent de Paul skenk. Van haar breiwerk skenk sy aan ouetehuise.

Name van vriendinne wil sy nie uitsonder nie, want dis almal, sê sy. Tog glip die name Lollie Cairns en Louisa Adams uit, want eersgenoemde help met konfyt kook wat hulle op brood smeer om te gee aan behoeftiges en laasgenoemde is die skakel met haar lieflingberoep.

“Ek sien nog kans om enige tyd ‘n baba te vang, want my tassie staan steeds reg gepak vir so ‘n gebeurlikheid. Baie swanger vrouens bel my nog gereeld vir raad,” sê sy.

En ek wonder watter van die nommers van die 10 522 babas wat gevang is, is drie van my eie familielede.

* A retired midwife (77) assisted at the births of 10 522 babies in her lifetime.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za