Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Andrew Strauss sterf skielik

Andrew Strauss sterf skielik
 
2005-08-25


DIE sangwêreld het 'n groot gees verloor. Dit is ’n onberekenbare verlies vir die Paarl, sy studente en die hele kunsgemeenskap. Só het mense gister getreur oor Andrew Strauss (50) van La Musique in die Paarl, wat gisteroggend om 04:00 in die Paarl MediClinic oorlede is.

Strauss, wat die afgelope jare hartprobleme gehad het, het Dinsdagmiddag ’n nieroperasie ondergaan. Hy is dood ná daar komplikasies ingetree het. Sy vrou, Anneline, sê huldeblyke stroom van oral in, van studente en kollegas.

Sang en musiek was sinoniem met Andrew, net soos sy kleurryke kaftans en gulhartige persoonlikheid.

Andrew is gebore op Prieska, het matriek geskryf op Swellendam en studeer onderwys op Wellington.
Hy het in musiek gespesialiseer en begin ook met sangles (hy was ’n begaafde bariton).

Hy neem klas by onder andere Nellie du Toit, Fred Dahlberg en Len Clarke.

Sy tweede pos is by Laerskool Drakenstein, waar hy betrokke raak by sangafrigting. Later was hy by Paarl Primêre Seunskool, voordat hy bedank het om voltyds musiekonderrig te gee.

Deur die jare het sy studente groot hoogtes bereik, maar hy en Anneline was ook verant-woordelik vir talle konserte en sangkompetisies.

Andrew was ’n diep gelowige mens, wat só oor sy studente gevoel het: “Ons talent kom van ’n Hoër Hand en Hy het hierdie kinders en hul talent aan my toevertrou. Daarom probeer ek om nooit die studente te verskree nie, want ’n mens kan talent doodsmoor.”

Strauss word oorleef deur sy vrou, Anneline en twee kinders (Anneline Liebenberg in Australië en Manie in die Paarl).

Die begrafnis is Vrydag 11:00 uit die Toringkerk.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za