Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoliere leer van CPUT kursusse

Skoliere leer van CPUT kursusse
 
2009-09-03

Johan Nel

’n OPE dag vir matrikulante om die verskeidenheid kursusse wat by die Wellington-kampus van CPUT aangebied word, bekend te stel is, is onlangs aangebied.

Die ope dag is gereël deur studente wat die kursus in toerisme-bestuur by CPUT se Wellington-kampus volg.

Nadia Berg, dosent by die toerismedepartement, sê dat toerisme-studente in hulle tweede jaar die geleentheid kry om self sulke geleenthede te reël om praktiese ondervinding op te doen in die reël van byeenkomste soos sportfeeste en ander geleenthede wat toerisme na ‘n streek of dorp sal bevorder.

CPUT se kususse in toerisme-bestuur, sportbestuur, rekeningkunde asook in kantoorbestuur en tegnologie is aan die besoekende matrikulante bekend gestel.

Volgens Etienne Joubert, kursus-koördineerder in sportbestuur, gaan hulle aanstaande jaar vir die eerste keer studente ook in vakke soos avontuursport by die Wellington-kampus oplei.

Voornemende studente wat in 2010 kursusse aan die Wellington-kampus van CPUT wil volg, kan 021-864-5511 skakel.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za