Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jeug Inisiatief blom

Jeug Inisiatief blom
 
2009-09-03

Sieb Sieberhagen

DIE vrugte word nou gepluk nadat die Paarl Jeug Inisiatief, wat in 2003 as ’n Artikel 21-maatskappy gestig is, goeie resultate begin toon.

Met hierdie projek word kinders wat nie andersins die geleentheid sou kry nie, bemagtig en ontwikkel.

Dr Pieter van der Walt, leraar van die Paarlberg NG Kerk en een van die stigterslede, vertel dat die behoefte raakgesien is by ’n gesamentlik jeugkamp wat in 2002 gehou is, omdat die organiseerders graag wou sien dat die behoeftige jeug meer geleenthede kry.

“Ons kyk spesifiek na kinders wat potensiaal toon, maar nie altyd die geleentheid kry om dit te ontwikkel nie. Ons werk in die Noorder-Paarl, Agter-Paarl, Windmeul en tot so ver as Paardeberg

“Vier jaar gelede het ons toe die Good Company program begin. Twintig kinders uit elke jaargroep kry die geleentheid om vir vyf jaar lank hom- of haarself te ontwikkel,” vertel hy.

Volgens opvoedkundige, Heinie Heyns, wat programbestuurder is van PJI, onderneem die kinders wat gekeur word om tot matriek aan die programme deel te neem.

Die eerste groep is reeds in hul derde jaar en dit is wonderlik om te sien hoe die kinders die geleenthede aangryp, vertel hy.

“Ons het ’n kurrikulum waarvolgens ons werk en daardeur leer die kinders verskeie vaardighede aan. Ons doel is om kinders se potensiaal te ontwikkel, hulle te bemagtig en hulle leierskap te ontwikkel.

“Elke groep kom weekliks bymekaar. Die program word buitemuurs aangebied en sluit aktiwiteite soos rekenaargeletterdheid, daguitstappies, kampe en werkswinkels in.

“Kinders ontdek hulself, groei geestelik, leer om uit te hou, begin besef wat verantwoordelikhede is en boonop kry hulle hope selfvertroue.

“Elke kind word ook vir die President’s Award for Youth Empowerment-program ingeskryf,” sê hy.

Chris Bam, skoolhoof van Nieuwedrift Laerskool, sê dit is wonderlik om te sien dat die kinders hulle skugterheid verloor.

“Hierdie kinders word ook die leiers van die skool en dit is hulle wat verantwoordelikheidsin in die klaskamer en met hulle huiswerk wys. ’n Mens kan duidelik die verandering in hulle gedrag sien,” sê hy.

Elshaun Monk, ’n graad-9 leerling van Nieuwedrift, sê hy is baie opgewonde oor die rekenaaronderrig en geniet die kampe baie, waar die probleemoplossings een van sy gunstelingaktiwiteite is. Hy beplan om ná skool homself as ’n rekenmeester te kwalifiseer.

Stephanie Bester, wat ná skool in die musiekbedryf betrokke wil raak, sê dat sy die afgelope paar jaar baie selfvertroue gekry het vandat sy deel is van PJI.

“Ek is glad nie meer skaam om voor mense te praat nie, “ek sal dit sommer voor 80 000 mense doen,” vertel sy.

Ju-Wayne Jantjies sê dat hy baie skaam was en nie geweet het hoe om met mense te kommunikeer nie. Nou gaan dit baie beter. Ek wil graag eendag ’n natuurbewaarder word. Daarom wys ek graag vir my maats dat hulle nie die omgewing moet besoedel nie,” sê hy..




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za