Sonpanele gesteel
2009-09-10
DIE Klapmuts polisie is op soek na enige inligting wat verband hou met gesteelde sonpanele. Drie sonpanele ter waarde van R12 000 is onlangs gesteel op die plaas Wiesenhof. ’n Polisie-woordvoerder het gesê dat die diewe waarskynlik toegang gekry tot die gebied met ’n bakkie, en so ook daarmee die panele weggery het. Sonpanele is hoogs gespesialiseerde toerusting en as dit nie reg gebruik word nie, is dit basies sonder waarde. Enigiemand met inligting kan vir insp Brian Crozier skakel by 021-875-8000.
More
News
|