Paarl-Oos Polisie strewe vir sukses
2009-09-10
Die afgelope twee weke het die Paarl-Oos polisie verskillende misdaadbekampingsoperasies uitgevoer waartydens daar beslag gelê is op dwelms (Tik, Mandrax en dagga) met ’n straatwaarde van R265 000. Die operasies was gelei deur kapt Hakkie Smith en lede van Paarl-Oos se misdaadvoorkomingseenheid. Daar is ook beslag gelê op R24 100 in kontant. Marshall Pietersen en Mario Koopman is gearresteer. Kapt Hakkie Smith en haar span staan vir niks terug nie en wil die gemeenskap bedank vir hul bydrae tot die reuse-sukses.
More
News
|