Bekende oorlede
2009-09-10
’n BEKENDE en geliefde persoon in Paarlse mediese kringe, Karel Roodman (68), is onlangs oorlede nadat hy die afgelope maand hartprobleme ondervind het. Roodman, ’n professionele verpleegkundige, het reeds in 1972 by Paarl Hospitaal begin werk. Hy het lank gedien as hoof van verpleging by TC Newman Hospitaal waar hy as “dokter Karel” bekend gestaan het. Hy het by geleentheid ook afgelos as verpleeghoof by Paarl Hospitaal. In 2002 het hy die hoogste toekenning vir verpleegkunde in Suid-Afrika, die Cecilia Makiwane Toekenning, ontvang vir sy onbaatsugtige en toegewyde diens aan pasiënte. Ná sy aftrede het hy nagdiens gedoen by Optenhosp Kliniek. Hy word oorleef deur ’n suster, Elise, en sy lewensmaat die afgelope 38 jaar, Johan Nothnagel.
More
News
|