Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Demore ’n talent-ontginner

Demore ’n talent-ontginner
 
2009-09-17

Jaco van Wyk

DEMORE PRETORIUS se werk is eenvoudig - hy ontgin talent.

Pretorius word as motiveringspreker genader deur sportspanne wat belofte toon, met die doel om die goeie in dié span, te omskep in die beste.

Met sy fokus tans op rugbyspanne, is Pretorius van mening dat ’n speler se ingesteldheid die sleutel is tot die transformasie van sy wese.

“Motivering alleenlik is nie genoeg nie. Dit is belangrik om jou span op so ’n wyse te inspireer dat hul ingesteldheid heeltemal verander,” sê Pretorius.

Met Demore se bydrae duidelik sigbaar by spanne soos Roses United (in 2006) en die internasionale Sewesrugby-reus Fiji (in 2008), het die SA o.19-rugbyspan ook nou vir Pretorius genader om te doen wat hy die beste doen.

Of dit op skole-, klub- of nasionale vlak is, is dit duidelik dat geen span te groot of te klein is vir hom nie.

In 2006 was Pretorius by die Wellingtonse rugbyklub Roses United betrokke. Dié span het daardie jaar die eerste klub van kleur geword om Boland se Premierliga te verower.

Met dié oorwinning het die Rose ook die Boland by die nasionale klubkampioenskappe gaan verteenwoordig.

In 2008 het Pretorius die Grens Uitnodiging o.13-span gehelp tot die finaal teen die Blou Bulle in die Cravenweek-toernooi, wat in die Paarl aangebied was.

In dieselfde jaar het Pretorius betrokke geraak by die SWD Arende se provinsiale span, waarna die sewes-legende, Waisale Serevi, hom genader het om betrokke te raak by die nasionale sewesrugyspan van Fiji.

Saam met Serevi het Pretorius dié span gehelp om tot die halfeindronde van die kompetisie te vorder, waar hulle teen die uiteindelike wenners van die toernooi, Suid-Afrika, vasgeval het.

Na afloop van dié toernooi het Pretorius baie goed bevriend geraak met Serevi.

“Hy was die eerste persoon om my geluk te wens met my betrokkenheid by die SA o.19-span,” sê Pretorius.

Meer onlangs (en meer plaaslik) kon mens ook Pretorius se hand sien in die sukses van Noorder-Paarl Sekondêr se eerste rugbyspan.

Pretorius het dié span se afrigter, Warrick May - vir wie Pretorius ag as die beste afrigter in die Westelike Provinsie - vanjaar tot derby-glorie gehelp teen Paulus Joubert Sekondêr.

Die pas-getroude Pretorius weet hoe dit voel om in moeilike omstandighede groot te raak. Hy glo egter vas dat “jou omstandighede nie jou bestemming hoef te bepaal nie”.

“Ten spyte van al die negatiewe aspekte, gepaard met die omgewing waarin ek grootgeword het - soos die blootstelling aan bendebedrywighede en dwelms - was sport my manier om nie vasgevang te word in al die negatiewes nie,” sê Pretorius, wat op Wellington grootgeword het .

Nadat hy gematrikuleer het aan Hoërskool Weltevrede, het hy Teologie gaan studeer by die Chaldo Bybelinstituut en vandag spog hy met ’n internasionale diploma in teologie.

Pretorius en sy grootste inspirasie, sy vrou, Unita “Koraalvrou” Pretorius bied ook albei programme op Radio KC aan.

“Die kern van wat ek doen, is om mense te inspireer om die beste te wees wat hulle kan - ek bied net vir hulle die gereedskap om hul vermoëns te bereik,” sê Pretorius.

“Alles wat benodig is vir sukses is egter reeds binne jou en moet eenvoudig vrygelaat word.”

Die PEPS-module wat Pretorius ontwerp het, dien as die vier hoekstene van motivering waarvolgens sportmanne se vertonings gemeet kan word, verduidelik hy.

“Peps staan vir physically, emotionally, psychologically en spiritually.”




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za