Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Studente kry nou voltyds werk

Studente kry nou voltyds werk
 
2009-09-23

Johan Nel

’n GROOT aantal studente het verlede week hul kususse in tuisversorging en babasorg suksesvol by die Wamakersvallei-opleidingsentrum op Wellington voltooi.

Die sentrum het volgens suster Irène de Waal, hoof van die sentrum, sedert sy ontstaan tien jaar gelede bykans 5000 studente suksesvol opgelei en gehelp om vandag voltydse betrekkings te beklee.

Volgens haar was feitlik al die studente wat tot dusver by die sentrum opgelei is, werkloos toe hulle met hul studies begin het.

Die sentrum was egter tot dusver in staat om feitlik al hul studente te help om na voltooiing van hul kususse in ’n voltydse betrekking aangestel te word.

Die sentrum is tans besig met planne om splinternuwe kursusse spesiaal vir mense wat reeds in vaste betrekkings as huishulpe staan, te ontwikkel.

Dit sal indiensopleidimng aan huishulpe bied en vir een van die nuwe kususse - in voedselbereiding - beoog die sentrum om ’n nuwe afdeling met ’n moderne kombuis by die sentrum in te rig.

Volgens suster De Waal begin die kursusse wat tans deur die sentrum aangebied word, in ’n al groter gebied rondom Wellington bekend raak. Talle nuwe studente kom deesdae uit omliggende dorpe soos Worcester en Ceres en vanaf die Weskus.

Die laaste inname van studente vir 2009 vind op die oomblik plaas. Nuwe studente wat in gesondheidsorg en babasorg opgelei wil word, kan die sentrum by 021-873 5942 skakel.

Die nuwe kusus begin op 5 Oktober en duur tot die begin van Desember. Die sentrum kan ook studente van omliggende dorpe help om vir die duur van die kursus verblyf in Wellington te vind.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za