Kersfonds help die gemeenskap
2009-09-23
DIE Paarl Post samel vanjaar weer met Kerstyd fondse in vir die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, wat sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies steun. Die Gemeenskapskas maak reeds aansienlik bydraes tot welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied (sowat R780 000 die afgelope jaar) en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes tot die 2009 Paarl Post Kersfonds. Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie. Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek, is ACVV Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek, Sanca Paarl, Rusoord Tehuis vir Bejaardes, ACVV Paarl, ACVV Paarl-Vallei, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl en Wellington, Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield tehuis Wellington en Andrew Murray Kinderhuis, Kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Nompumelelo, Kairos (Simondium), Rise & Shine, Little Stars en Siyakhula. Ander diensorganisasies wat ook steun kry by Gemeenskapskas is Sanra, Cansa, Rapcan, Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa, Hospice, Dementia SA en Diabetes SA. Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-581-0723 (aandag Kersfonds).
More
News
|