Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Boytjie' Minnaar word gegroet

'Boytjie' Minnaar word gegroet
 
2009-10-08


EEN van die grootste geeste van Paarl Rugby, die legendariese Dick ‘Boytjie’ Minnaar (53) is Saterdagmiddag in die Tygerberg Hospitaal oorlede aan nierversaking.

Dié kranige vleuel van die destydse Paarl Rugby-unie en WP-liga, het op 16-jarige ouderdom (1972) vir die eerste keer vir sy geliefde rugbyklub, Young Gardens, uitgedraf - die klub waar hy later ook afrig het.

In 1974 het Minnaar, saam met Gardens, die Paarl liga-beker verower, waarna hy gedurende 1975 tot 1976 die Paarl Unie-span en Boland Sone-span gehaal het.

Minnaar, ’n skrynwerker van beroep, het die Boland Saru-span gehaal, maar nie die Federasie-span nie. Kenners glo dit was weens sy klein postuur.

Minnaar het altyd vir Randy Marinus (oud-kaptein van Gardens en Saru) “Giant” genoem, maar volgens Marinus was “dié klein mannetjie die eintlike Giant, wat sy teenwoordigheid laat geld het met sy spoed en plettervatte.

“Een van Dick se hoogtepunte was sy wendrie in die geskiedkundige wedstryd tussen Paarl Unie en Paarl Rugbyklub,” sê Marinus.

Minnaar word oorleef deur sy vier kinders, Marcia, Donovan, Egan en Danreé. Die begrafnis vind Saterdag plaas in Groenheuwel, te Lilacstraat 3, om 09:00 en om 10:00 in die Nuwe Apostoliese Kerk.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za