Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reëns gee somer-hoop

Reëns gee somer-hoop
 
2009-10-15

Lise Beyers

DIE knalle van donderweer Sondagmiddag het nie net welkome reën gebring nie, maar waarskynlik ook die einde van die winter aangekondig.

Of so beweer die ou boere wat staatgemaak het op jaarlikse weerspatrone, in plaas van nuwerwetse tegnologie om die weer te voorspel.

Maar hoe dit ook al sy, het daar die afgelope winter genoeg reën geval om vir ’n goeie oes te sorg, sê hulle, al was dit nie heeltemal so baie soos verlede jaar nie.

Alhoewel die winter vanjaar verwoed begin het met 288mm water wat in Junie oor die Paarlse middedorp uitgesak het, was Julie se reën weer minder, met slegs 131mm (in vergelyking met verlede jaar se 286mm in dieselfde gebied).

Augustus het 109mm gebring in vergelyking met 185mm in 2008, September se reëns was 110mm, waar laas jaar 214mm geval het, en tot dusver staan Oktober op 37mm, waar daar slegs 21mm verlede jaar neergesak het in hierdie mooiste maand.

Die enigste kommer is dat, indien die reën nie nou binnekort bedaar nie, donsskimmel op wingerde begin vorm.

Die omliggende damme is byna almal 100 persent vol, met Wemmershoek wat op 99,2% staan, Voëlvlei op 97,2% en die Bergrivierdam wat steeds oorloop. Die Theewaterskloofdam is ook meer as 100% vol.

En terwyl talle mense kla dat die winter moet end kry, gaan hulle spyt wees tydens Februarie se beloofde versengende hitte.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za