Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoolhoof oorlede

Skoolhoof oorlede
 
2009-10-22


DIE prinsipaal van Sonop Primêr, Gregory Lawrence (53), is Dinsdagoggend in die Paarl MediClinic oorlede nadat hy Maandag in die intensiewesorg-eenheid opgeneem is.

Hy was van 1978 kunsonderwyser by Klein Nederburg Sekondêr en word in 1981 die adjunk-hoof van New Orleans Primêr. In 2003 word hy hoof van Sonop Primêr.

“Hy was soos ’n vaderfiguur vir sy skoolkinders,” het Tommy Loriston gesê. “Hy het homself behoorlik uitgeleef as dit gekom het by die skool.” Volgens sy broer, Trevor, was hy ’n baie hardwerkende man wat ook geweet het hoe om mense te laat lag.

Hy word oorleef deur sy vrou, Faith, en sy broer. Die begrafnisdiens is Saterdag 10:00 by St Stephen’s Kerk.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za