Vuurwapens gesteel
2009-10-29
DIE polisie op Wellington is op soek na agt vuurwapens wat gesteel is tydens ’n inbraak by ’n huis in Onverwacht Landgoed. Die eienaar van die woning het verlede Saterdagoggend vinnig uitgegaan en met sy terugkeer het hy opgelet dat daar by sy huis ingebreek is. Agt ou voorlaaiers, wat gedeaktiveer is en slegs as ornamente gebruik word, is gesteel, asook twee ornamentele swaarde. Die waarde van die vuurwapens is ongeveer R38 000. Enigiemand met inligting oor hierdie gewere en swaarde kan vir superintendent Leon Laubscher skakel by 021-864-9600.
More
News
|