Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington Lions rig uitdaging

Wellington Lions rig uitdaging
 
2009-10-29

Christine Siebrits

NA aanleiding van ’n berig oor die behoeftes van die Wellington Dierebeskermingsvereniging in ’n onlangse Paarl Post het die Wellington Lions met die inisiatief gekom om ’n fondsinsamelingspoging te loods.

Die Lions het Vrydag ’n tjek ter waarde van R5000 aan die DBV oorhandig en hulle daag alle ander instansies en individue uit om dieselfde te doen.

Tydens die oorhandiging het Chris Theron, DBV senior inspekteur gesê dat elke druppel uiteindelik die emmer sal vol maak.

Hy sê dat as ’n vakman, byvoorbeeld, ’n halfuur van sy tyd afknyp om die DBV te help met die aanbring van noodsaaklike fasiliteite en instandhoudingwerk, hierdie hulp nie in geld gemeet kan word nie, want die waarde aan so ’n diens is onmeetbaar. So kan ’n elektrisiën dalk gaan help om bedradingsprobleme te herstel.

Iemand het ’n volledige bad geskenk wat gebruik gaan word vir dipdoeleindes en ’n loodgieter het reeds aangebied om die nodige te doen met die installering van so ’n diens. Hierdie dip sal aan almal wat hul troeteldiere wil dip, beskikbaar gestel word.

Wellington DBV bedien die distrik van Wellington, maar hulle verleen ook hulp tot sover as Tulbagh, Wolseley en Ceres. Dit is ’n groot area om te dek, en daar is ongelukkig nie genoeg hande om alles te behartig nie. “Fondse is dus nie net nodig om die diere te voed en te versorg nie, maar word ook benodig om inspeksies te doen en wreedheid teenoor diere te beveg.

“Die aantal rondloperhonde wat geskut moet word, het vervierdubbel as gevolg van die ekonomies verknorsing waarin ons land hom bevind - om maar net een voorbeeld te noem.”

Die Wellington DBV bedank die Lions vir hul geldelike hulp, asook vir Maxi Scrap wat ’n donasie gestuur het.

Die DBV is ook jammer om die dienste van komiteelid, Christine van Wyk te verloor wat onlangs bedank het - haar hulp en diens was van onskatbare waarde.

Die Komitee is egter dankbaar dat haar eggenoot, Francois van Wyk steeds aanbly as Voorsitter van die Wellington vereniging.

Vrywilligers kan op verskeie maniere hulle liefde teenoor diere bewys deur die DBV te help en word uitgenooi om Chris Theron by 021- 864-3726 te skakel vir meer inligting.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za