Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Welsynsorganisasies gehelp

Welsynsorganisasies gehelp
 
2009-10-29


SOWAT 40 plaaslike welsynsorganisasies is gedeeltelik afhanklik van die Paarl Post Kersfonds se fondsinsameling elke jaar vir die Wes-Kaapse Gemeenskapskas.

Lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes tot die Paarl Post Kersfonds.

Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek is ACVV Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek, Sanca Paarl, Rusoord Tehuis vir Bejaardes, Silwerkruin ouetehuis, ACVV Paarl, ACVV Paarl-Vallei, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl en Wellington, Drakenstein Sentrum vir liggaamlik gestremdes, Aandblom bejaardesorg (Windmeul), Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield-tehuis Wellington, Andrew Murray Kinderhuis, Help & Health Feeding Scheme, Haven nagskuiling, Ikhwezi Trust, Saron Gemeenskapsdiens en Good Hope Psychological Services.

Kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Trompie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Masibulele, Nompumelelo, Ncebekazi (gestremde kinders), Kairos (Simondium), Amstel-nasorg, Magnolia-nasorg, Rise & Shine, Little Stars, Little Flower en Siyakhula.

Ander diensorganisasies wat ook steun kry by Gemeenskapskas is Sanra, Cansa, Rapcan, Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa en Hospice.

Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 621 520 29007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-270-3693 (navrae by tel 021-870-3701).




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za