Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ete in die donker

Ete in die donker
 
2009-10-29

Johan Nel

MICHAEL MELLOR, węreldbekende gesaghebbende op die gebied van onderrig aan blindes en skrywer van ’n splinternuwe biografie oor die lewe van Louis Braille, was onlangs die spreker op ’n dinee ten bate van die Pionierskool vir siggestremdes wat op Wellington gehou is.

Die unieke “Ete in die Donker” waar Mellor opgetree het, is vir die vierde agtereenvolgende keer deur die Provence-onthaalsentrum en die Pionierskool van Worcester op Wellington aangebied.

Die 100 gaste wat die dinee bygewoon het, het in ’n pikdonker vertrek gesit en eet en kon so iets beleef van hoe blinde persone gewone dinge soos om te eet en om hul pad deur ‘n vertrek te vind, self ervaar.

Die gaste kon ook eerstehands ontdek hoe sintuie soos proe en ruik en hoor net soos in die geval van blindes skielik ’n nuwe, oorheersende rol in dit wat hulle besig is om te ervaar, begin speel.

Mellor, wie se boek, Louis Braille – a touch of genius, onlangs verskyn het, het vertel hoe Braille, wat vanjaar 200 jaar gelede gebore is, die leefwęreld van blinde persone dramaties verander het deur ’n stelsel te ontwikkel wat blindes in staat stel om te lees en te skryf en daardeur nuwe kennis in te neem.

Die koor van die Pionierskool vir siggestremdes op Worcester het ook by die dinee opgetree en agterna is, soos by die vorige vier soortgelyke geleenthede, ’n aantal skilderye deur skoliere van die skool opgeveil.

Die skilderye wat teen gemiddeld R2000 stuk verkoop is, het reeds hoë versamelwaarde. -


More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za