Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stap ver vir kankerlyer

Stap ver vir kankerlyer
 
2009-10-29

Christine Siebrits

SOWAT drie weke gelede het Corrie Bruwer uit Odendaalsrus vertrek op ’n staptog na Kaapstad. Sy doel is om meer as R1 miljoen in te samel vir ’n beenmurgoorplanting wat die 16-jarige Vincent Barrington se lewe sal red.

Corrie vertel dat, toe hy hoor van hierdie seun se lyding, hy geroepe gevoel het om te help waar hy kan. Odendaalsrus Toyota het ’n voertuig geborg wat al die nodige toerusting sou vervoer om die staptog moontlik te maak.

Teen ’n konstante spoed van 7 km per uur het Corrie van dorp tot dorp gestap en op Woensdag 21 Oktober in Wellington aangekom waar hy sou oornag voordat hy die laaste deel van die tog na Kaapstad sou aanpak.

Dit sit werklik nie in enigeen se broek om hierdie spoed vol te hou nie - veral omdat hy nie tussenin kon stop om te rus nie, want dan sou die moegheid en styfheid hom verhinder om sy spoed vol te hou.

Nog ’n persoon wat sy ry moes ken, was Hennie du Plessis wat teen 7 km per uur agter Corrie aangery het. Quelene du Plessis moes sorg dat Corrie die nodige dieet volg - genoeg voedsel en vloeistof en massering aan die einde van die dag se stap.

Die moeilikste deel van die hele staptog was die 104 km tussen twee Karoodorpe. Om 12 uur die nag het hulle weggetrek en die afstand teen 18:00 die volgende aand voltooi.

Langs die pad het hulle wonderlike mense leer ken - te veel om te noem - almal wat omgee vir hul medemens.

Op Wellington het lede van die Moths en ook die Lions donasies gemaak ten opsigte van die Vincent Barrington-fonds.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za