Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drie jong mans sterf tragies

Drie jong mans sterf tragies
 
2005-09-01


BLOEDTOETSE sal bepaal of die jong vader van Noorder-Paarl onder die invloed van dwelms vas toe hy die naweek met sy kop in ’n kas vasgeduik het.

Leon Nontas (23) van Montanaplaas het met ’n gebreekte nek gesterf.
Volgens getuies het Leon die Saterdag met sy niggie gestry en later in die kombuis gestoei. Hy was kwaad omdat sy die koue aand eers ná nege met haar seuntjie, oor wie hy hom altyd ontferm het, tuisgekom het.

Familielede het hom aangespreek en Leon het gedreig om selfmoord te pleeg. Hy het in die middel van die R45 (wat by die plaas verbyloop) gaan lê. Sy pa het hom uit die pad geruk en met ’n lyfband bygekom.

Leon het huis toe gehardloop. In die slaapkamer het hy na bewering oor ’n matras gestruikel en met sy kop teen ’n kas geduik. Hy is op slag dood.

Leon laat benewens ’n dogtertjie (16 maande), ook sy ma en ouma by wie hy gewoon het, en sy pa van Kaapstad.

* In nog ’n tragiese voorval het ’n 21-jarige man van die Paarl gesterf die aand voordat hy in die hof sou verskyn op ’n aanklag van beweerde verkragting.

Ricardo van Wyk van Mackierstraat 76 het vermoedelik Maandagaand ’n oordosis pille gedrink en homself daarna opgehang.
’n Kind wat die huistoilet wou gebruik, het op die liggaam afgekom wat aan ’n tou van ’n balk teen die plafon gehang het.

Gesinslede het ’n buurman, Van der Berg Pienaar (voorsitter van die Paarl-Oos Gemeenskappolisieforum), laat roep.

Hy het die seun afgehaal en op ’n bed neergelê, maar Ricardo was reeds dood. Ricardo sou Dinsdag in die Paarl landdroshof verskyn.

* John Lloyd Goodall (29), ’n masjienoperateur by Paarl Print, is gister ter ruste gelê nadat hy verlede week in sy motorhuis in Maasdorpstraat, Paarl-Oos, gesterf het.

Vriende en werkskollegas het onrustig geword toe hy nie vir werk opgedaag het nie en sy woning se ligte die oggend steeds gebrand het.

Hulle is saam met lede van ’n sekuriteitsfirma na die woning, waar hulle op die jong man afgekom het waar hy aan ’n tou gehang het. John het ’n briefie gelaat aan sy ouma, ma, twee susters en boetie.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za