Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ingenieur oorlede

Ingenieur oorlede
 
2005-09-01


‘n OUD-PAARLIET, Garreth October (23), die jong meganiese ingenieur wat anderhalf maand gelede in ‘n ernstige kop-aan-kop botsing in Port Elizabeth betrokke was, het verlede Saterdagmiddag in die Mercantile Private Hospitaal gesterf.

Garreth het ernstige hoofbeserings en veelvuldige beenbreuke opgedoen en was vir die afgelope 35 dae in ‘n koma, waaruit hy nooit wakker geword het nie.

Hy was werksaam by Ford.

Die jong man het by Klein Nederburg Sekondêr matrikuleer en het verder studeer aan die Skiereiland Technikon.

Hy word oorleef deur sy ouers Willie en Merle en twee ouer broers, Wilmer en Alistair.

Die begrafnis vind Saterdag plaas om 10:00 by die huis te Conradiestraat 10 en om 11:00 in die Calvynse Kerk in Abattoirweg, Paarl.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za