Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwyser sterf

Onderwyser sterf
 
2005-09-01


‘n ONDERWYSER by Klapmuts Primêr, Clifford Adams (47) van Wellington, is Saterdagoggend oorlede na ‘n kort siekbed.

Hy was 23 jaar verbonde aan die skool waar hy baie betrokke was by kunswedstryde.

Volgens die skoolhoof, Ronald Frans, het Adams daartoe bygedra dat die skool verskeie toekennings verwerf het en dat hy die leerders se belangstelling in musiek aangewakker het. Hy het ook Klapmuts Primêr se skoollied geskryf en getoonset.

Hy het sy plek in die gemeenskap volgestaan en was nou betrokke by die afrigting van kerkkore, asook die Disas klopsegroep, wie sy kleurbaadjie hy met trots gedra het.

Clifford word oorleef deur sy vrou, Fytjie, dogters Charlotte en Mariska, seun Clayton en kleinkinders Ivanisovich en Cassidy.

Die begrafnisdiens vind Sondag om 13:00 by die huis te Levinstraat 7 en daarna om 14:00 vanuit die AME-kerk, te Voorstraat, Wellington,
plaas.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za