Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Broers verongeluk

Broers verongeluk
 
2005-09-01


TWEE broers van Wellington het Saterdagaand saam gesterf toe hul motor teen Dutoitskloofpas afgestort het.’n Vragmotorbestuurder het Sondagoggend met eerste lig die wrak van die motor raakgesien en alarm gemaak.

Jeremy Volkwyn (39) en sy broer Joel (38) van Voorstraat het die dag by familie op Worcester gekuier.

Alhoewel hul moeder bekommerd geraak het toe hulle nie tuis opgedaag het nie, het sy aanvaar hulle bly by familie of vriende oor.

Die broers het beheer oor die motor verloor sowat 15km van Rawsonville en het teen die kranse afgery. Hulle is op slag dood, altwee vermoedelik as gevolg van nekbreuke.

Benewens hul moeder Ada laat die broers elk ’n tienerseun, ’n ouer suster en ’n ouer broer agter.

Die gedenkdiens is 10:00 Saterdag in die St Stephenskerk in die Paarl. Die familie versoek geen blomme nie, eerder ’n skenking aan die kerk.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za