Bekende sterf
2005-09-01
’n BEKENDE inwoner van die Paarl, Freddie Lakay (52), het Vrydagmiddag aan ’n hartaanval gesterf.
Lakay, 'n skofleier by Tuncor, was veral bekend vir sy betrokkenheid op geestelike gebied. In 2003 het hy die eerste biddag vir mans in die Paarl gereël. Dit was die voorloper van Manne vir Christus, ’n maandelikse byeenkoms wat van krag tot krag gaan.
Lakay, wat op die kerkraad van die Baptiste Kerk was, was in sy vyfde jaar van studies vir die bediening. Hy was ook een van die plaaslike organiseerders van Transformasie Afrika en ten tye van sy dood was hy besig om ’n seminaar, Hope for Africa, vir Oktober te reël. Hy was verder ook betrokke by Drakenstein Hospice en Drakenstein Vigsaksiegroep.
Hy word oorleef deur sy vrou, Annalise, twee kinders (Anifred en Jethro) en sy moeder.
Die begrafnis is Saterdag 11:00 uit die Baptiste Kerk in die Paarl.
More
News
|