Wellington se Kersmark
2009-11-19
DIE jaarlikse Wellington Kersmark, die Murray Mark, word vanaf Dinsdag 1 Desember tot Saterdag 5 Desember in die saal van die NG Moederkerk in Kerkstraat gehou. Die mark sal in die week daagliks tussen 09:00 en 19:00 oop wees en die Saterdag vanaf 09:00 tot 13:00. Vanjaar is daar sowat 100 uitstallers van regoor die land wat hulle produkte bring en heelwat nuwe en interessante items sal te koop aangebied word. Vir navrae, kontak die kerkkantoor by 021-873-1561.
More
News
|