Feesliggies skyn weer in Kerkstraat
2009-11-19
KERKSTRAAT in Wellington gaan volgende Vrydag 27 November van 17:30 gesluit word (van Jan van Riebeeckstraat tot die Masonic-sentrum) vir die jaarlikse Liggiesfees. Daar sal verskeie kunstenaars op die verhoog te sien wees van 19:00, insluitend die voormalige idol Karen Kortjé (om 21:30). Burgemeester Charmaine Manuel skakel die ligte om 21:00 aan. Besighede wat tydens die liggiesfees oop gaan wees, moet hul eie veiligheidspersoneel aanstel en word versoek om nie enige stalletjies op die sypaadjies te hê nie. Stalletjies mag bedryf word indien plek daarvoor bespreek is. * Paarl se Liggiesfees is van 4 tot 6 Desember, Saron s’n op 11 Desember en Gouda s’ op 12 Desember.
More
News
|