Kitsbank-skelms
2009-11-19
KITSBANK-SKELMS is weer doenig in die Paarl. Daar word gewaarsku dat drie goedgeklede Xhosa-sprekende mans dikwels by kitsbanke in die Paarl te sien is. Twee plekke waar hulle veral gesien word is by die kitsbanke voor Zomerlust Spar en die Spar in Noorder-Paarl. Hulle probeer dan om ’n kitsbank-gebruiker se aandag af te trek as die kaart in die masjien is. As hulle dan hul hande op die kaart kry, al is dit vir ’n baie kort tydjie, dupliseer hulle al die inligting op die kaart insluitend die PIN-nommer, deur middel van ’n klein draagbare masjientjie. Die beste opsie is om “Kanselleer” te druk en skakel die polisie by 021-807-4000.
More
News
|