Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Opgewonde oor versorging van spesiale kinders

Opgewonde oor versorging van spesiale kinders
 
2009-11-19

Devidean Moses

NÁ nege jaar is Johanna Mphuting nog elke dag opgewonde om versorger by die Paarl Stimulasiesentrum te wees.

“Ek voel baie gelukkig om met sulke spesiale kinders te kan werk, omdat hulle niks vir hulself kan doen nie,” sê sy van die gestremde kinders wat sy versorg.

Johanna het in 2001 by die sentrum as ’n vrywillige werker begin en is tans as versorger in diens.

“Hierdie tipe werk gaan maar oor die passie, geduld en liefde wat jy vir hierdie tipe kinders ontwikkel.”

Die Paarl Stimulasiesentrum in Joepatstraat, Sonstraal, is ’n dagsorgsentrum wat 40 kinders wat verstandelik en liggaamlik gestremd is, van 18 maande tot 18 jaar akkommodeer.

Net soos alle kinders op soek is na ’n bietjie pret is hierdie kinders ook altyd bly om by hul skoolmaats en opvoeders te wees.

Die sentrum het sy ontstaan te danke aan ’n ondersteuningsgroep vir moeders van gestremde kinders wat in 1986 gestig is. Vyf moeders en hul kinders het een keer per week ontmoet om hul ondervinding met hul kinders met mekaar te bespreek.

Hulle het gou besef dat dit nodig is om die kinders met verstandelike en liggaamlike gebreke te stimuleer.

Die meerderheid van die kinders kom uit agtergeblewe gemeenskappe waar enkelouers se familielede hulle moet bystaan.

Die stabilisering van die dagsorg verleen hulp aan ouers om te werk en sodoende ’n inkomste te verdien, terwyl die kinders goeie toesig en versorging ontvang en ook gestimuleer word om hul tot hul volle potensiaal uit te leef.

Terapie word gratis aan die kinders verskaf omdat die meerderheid ouers nie ’n private terapeut kan bekostig nie.

Die sentrum bestaan uit twee groepe; kinders wat verstandelik gestremd is, maar wat met die regte opleiding en hulp gradueer na ’n opleidingskool of spesiale behoefte skool, en kinders wat erger vlakke van gestremdheid het, waar die ontwikkeling van die kinders baie stadig plaasvind.

Dié kinders leer om self te eet en hul behoeftes uit te wys met alternatiewe kommunikasie.

Die kinders is verdeel in vier klasse waarvan die opleibare klas diegene vanaf ses jaar oud huisves. Hulle word geëvalueer deur sielkundiges sodat hulle op kan word.

Tussen vier en agt kinders word jaarlikse bevorder na skole vir kinders met spesiale behoeftes, nadat hul goeie stimulasie van die sentrum ontvang het.

Die personeel bestaan uit twee administrateurs, vyf versorgers, een kombuishulp en een drywer.

Anthea Francke, sentrumhoof, het in 1994 as ’n klashulp begin.

“Dit is ’n daaglikse uitdadiging om met hulle te werk, want hierdie kinders leer elke dag iets nuuts,” sê sy.

“Diegene wat hulself nie kan help nie, ontvang klank-, musiek-, beeld- en ander terapieë.“

Die ouers sowel as die versorgers wat na hierdie kinders omsien, word die basiese beginsels rondom fisioterapie geleer.

Twee keer per week besoek fisioterapeute van Elangeni en Universiteit van Stellenbosch die sentrum om nuwe tegnieke aan die versorgers te demonstreer. So loer die arbeids- en spraakterapeute ook in om hulp te verleen.

“As die kinders baie siek skool toe kom of hulle kry seer, kan ons net die telefoon optel en bel en hulle na dr Kenny Jacobs toe neem wat die ondersoek vir ons gratis doen,” sê Anthea.

Paarl Stimulasiesentrum is ’n selfbesturende organisasie, wat afhanklik is van skoolgeld wat ouers betaal, asook skenkings en finansiële bystand van die gemeenskap.

Hul grootste uitgawe is vervoeronkostes omdat die kinders van Maandae tot Vrydae vanaf hul huise na die skool en terug karwei word.

Hulle benodig tans dringend fietse, oefenfietse en plastiese scooters omdat party van die kinders hemiplieë is wat beteken hul is verlam aan die een kant van hul lyf.

Die gebruik en oefening op ’n fiets, driewiel, oefenfiets of selfs ’n plastiek scooter kan hul toestand merkwaardig verbeter. Ook rolstoele sal ’n groot verskil in die kinders se lewens maak.

Kontak Jolanda van der Lingen (Valcare Trust) by 021-872-2365 of faks 021-872-2376 of skakel die sentrum by 021-862-7113.
* The Paarl Stimulation Centre treats physically and mentally disabled children.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za