Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ou briewe oorhandig aan museum

Ou briewe oorhandig aan museum
 
2009-11-26


OORSPRONKLIKE briewe en versies van CP Hoogenhout, een van die belangrikste leiers van die eerste Afrikaanse Taalbeweging, is onlangs aan die Taalmuseum geskenk deur Deon en Marlene Goosen van Rachelsfontein in Simondium. Hy was die enigste Wellingtonner onder hulle.

Die briewe wat Hoogenhout ongeveer ’n eeu gelede geskryf het aan die Goosen-gesin van die Bovlei Kontantwinkel, is deur die Goosens se ouma, Susie Goosen, en hulle pa, Pieter Goosen, bewaar. Hoogenhout was aangetroude familie.

Hy was ’n gebore Nederlander en intens betrokke by die stryd om die erkenning van Afrikaans, oner andere as hoofartikelskrywer van die koerant Die Afrikaanse Patriot.

Onder die skuilnaam Klaas Waarzegger jr het hy openlik propaganda gemaak vir die taal wat die Bolanders gepraat het, maar nie kon skryf nie. Hy was ook onderwyser by die Groenbergskool en het van die eerste boeke in Afrikaans geskryf.

Die Taalmuseum is besig om ’n navorsingsentrum op die been te bring. Belangstellendes kan vir Annemarie van Zyl, die navorser by die Taalmuseum, kontak by 021-872-3441 of ’n e-pos stuur na navorsing@taalmuseum.co.za.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za