Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaaswag-aksie in Wellington

Plaaswag-aksie in Wellington
 
2009-11-26


AL die lede van die Wellingtonse Plaaswag, wat die polisie van Wellington bystaan in die polisiëring van die landelike gebiede om die dorp, het verlede week op hul jaar-eindfunksie elkeen ’n splinternuwe T-hemp as deel van hul mondering ontvang.

Volgens inspekteur Pierre Hugo, hoof van sektor vier van die Wellingtonse polisiediens waaronder die plaaswag val, beskik Wellington oor ’n hoogs-gemotiveerde en deeglik-opgeleide plaaswag wat reeds sedert 2004 aktief is.

Eugene Meadon, bestuurder van Strategic HR Services wat die T-hemde vir die plaaswag borg, sê hy is beïndruk met die hoë vlak van paraatheid van die Wellingtonse plaaswag.

“Hulle is ’n toegewyde groep mense wat hulle taak naweek na naweek met groot entoesiasme aanpak.”

Superintendent Johan Barkhuizen, bevelvoerder van die Wellingtonse polisie, het die lede van die plaaswag geloof vir hul lojaliteit en pligsgetrouheid.

Inspekteur Hugo sê dat die plaaswag elke naweek ’n gebied patrolleer wat oor meer as 300 plase rondom Wellington strek.

Daar word op sommige aande gedurende die naweek bykans 300 kilometer in patrollievoertuie afgelê om sigbare polisiëring toe te pas en om probleme te ondersoek.

Dié tamaai taak verloop volgens hom naweek na naweek seepglad danksy die entoesiasme en toewyding van al die lede van die plaaswag.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za