Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Watergrafte vir drie

Watergrafte vir drie
 
2010-01-14

Lise Beyers

TEN minste drie mense het die afgelope feesseisoen in plaaslike waters verdrink.

Op die vooraand van sy graad 11 jaar, het Emile Mamani (17) een van dié slagoffers geword.

Hy het Saterdagoggend saam met vriende in die Bergrivier gaan swem naby die Lady Loch-brug, om verligting te soek van die versengende hitte.

Volgens sy maats het hy die een oomblik nog heerlik in die water baljaar, en die volgende oomblik het hy onder die water verdwyn en nie weer opgekom nie.

Emile, wat in Victoria-Wes woonagtig is, het tydens die skoolvakansie by familielede in die gebied gekuier.

Sy tante, Monica Mamani van die Paarl, het gesê dat hy die volgende dag sou terugkeer huis toe.

* Op Nuwejaarsdag, het Patrick Hartogh (49) by die keerwal naby die Markstraatbrug in die Bergrivier verdrink.

En verlede Vrydag het ’n man verdrink in ’n plaasdam in die Agter-Paarl.

Gert Faro (26) het ook blykbaar ’n bietjie verligting gesoek van die hitte, maar het eerder ’n stille watergraf gevind.

Die publiek word gewaarsku om tydens die volgende twee maande, wanneer die kwik verder sal styg, uiters waaksaam te wees wanneer hulle in veral plaasdamme en riviere swem.

* At least three people drowned in local waters over the festive season.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za