Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tragedie tref twee families

Tragedie tref twee families
 
2010-01-14

Lise Beyers

TWEE plaaslike jongmense wat in die fleur van hul lewens was, is tragies van hul families weggeneem oor die feesseisoen.

Op Gesinsdag was Nicol Jooné van Noorder-Paarl en vier ander vriende, ook van die Paarl, onderweg na die Strand om vir ’n vriend te gaan kuier.

Die noodlot het getref toe die bestuurder van die wit Toyota Corolla waarin hulle gery het, beheer oor die voertuig verloor het op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes. Die voertuig het in ’n sloot beland.

Nicol is deur die nooddienste na ’n hospitaal in Somerset-Wes geneem, maar hy is later hiér dood.

Hy sou vanjaar ’n matriekleerling aan Hoërskool Labori wees.

Ander beseerdes in die ongeluk was Zinta-Marie Koekemoer (19) van La Rochelle, Wynand Burger (20), ’n oud-leerder van Private Skool Tersia Theron, Alice Myburgh (14) en Stefan Louw (16), albei van Hoërskool Gimnasium, en Larry-Martin Koekemoer (19).

Nicol word oorleef deur sy ouers, Nico en Erica, albei polisiebeamptes, en ’n suster, Cisca (11).

Nico en Erica was vandeesweek steeds te erg getraumatiseer om oor die ongeluk te praat.

En op Tweede Nuwejaar het ’n sprankelende oudleerder van Hoërskool La Rochelle ook in ’n gru-botsing gesterf.

Jessica Moll (24) en ’n vriendin, Dora Scott, was ná hul vakansie onderweg na Stellenbosch, toe Jessica se motor en ’n Mercedes Benz in ’n botsing reg van voor betrokke was tussen Robertson en Worcester.

Jessica is op die toneel dood, en Dora is na die Worcester Medi-Clinic geneem.

Jessica was ’n nagraadse kunsstudent aan die Universiteit van Stellenbosch en sou binnekort haar meestersgraad voltooi.

Sy word oorleef deur haar ouers, Mike en Beverley (hoof van die Hoërskool La Rochelle se musiek-afdeling) en suster Elizabeth. Haar oupa, joernalis Reg Weiss, is ’n rubriekskrywer vir Paarl Post.

La Rochelle se skoolhoof, Amanda Lochner, het gesê dat die ongeluk die skool erg geruk het.

“Jessica was ’n toegewyde leerder met ’n pragtige persoonlikheid. “Ons harte gaan uit na Beverley en die res van haar gesin.”

* Two young Paarlites died in vehicle collisions during the holiday.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za