Bekende oorlede
2010-01-21
’n BEKENDE kleuterskoolhoof van die Paarl is op 11 Januarie in die Panorama MediClinic oorlede ná ’n kort siekbed weens kanker. Elna Brand (69) was vir 35 jaar verbonde aan die Noorder-Paarl tak van die ACVV welsynsorganisasie. Sy was ook 21 jaar hoof van dié organisasie se Trompie kleuterskool en versorgingsoord vir kinders in Gimnasiumstraat (aanvanklik Waterkantstraat). In die Paarl is sy oor die jare beskou as die “moeder” van baie Trompie-kinders. Haar musiektalent, vermoë om te organiseer en haar liefdevolle optrede sal deur almal by die ACVV gemis word. Die begrafnisdiens was Vrydag in die NGK Paarlvallei. Sy word oorleef deur haar man Johan, dogter Anita en seun Johan.
More
News
|