Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kampus bars uit sy nate

Kampus bars uit sy nate
 
2010-01-28

Johan Nel

NAGENOEG 330 eerstejaars was onder die meer as 1400 onderwysstudente wat vanjaar by die Wellington-kampus van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie geregistreer het.

“Ons kon baie meer eerstejaars ingeskryf het, maar die fasiliteite by die Wellington-kampus is besig om uit sy nate te bars,” sê prof Johan Anker, assistent-dekaan van opvoedkunde by die kampus.

“Die aansoeke om as onderwysers opgelei te word, het dramaties toegeneem en talle studente wat aan al die toelatingsvereistes voldoen het, moes weggewys word omdat daar net eenvoudig nie plek is nie.”

Volgens prof Anker was daar in 1990 slegs 400 studente by die destydse onderwyskollege op Wellington. Toe die kollege deel van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie word en in die Wellington-kampus van die universiteit omskep is, het studente-getalle dramaties opgeskiet.

Van die meer as 4000 studente wat tans by die verskillende kampusse van CPUT as onderwysers opgelei word, word 1400 deur die medium van Afrikaans by die Wellington-kampus opgelei.

Studente van dié kampus is volgens prof Anker besonder nou betrokke by die plaaslike gemeenskap se skoolsake. Onderwysstudente word onder meer in hul vierde jaar ingespan om Donderdae leer-ondersteuning aan skoliere wat dit nodig het, te bied deur hulpklasse.

Minder as 50% van die nagenoeg 1400 Wellingtonse studente gaan in die universiteitskoshuise op die dorp tuis. Die res woon privaat op die dorp of pendel elke dag tussen omliggende dorpe soos Malmesbury en Worcester.

Soos in die verlede gaan die komende jaar ’n vol en bedrywige jaar vir die Wellingtonse studente wees.

Die jaarlike karnaval vind tussen 8 en 12 Februarie plaas, daar is ’n groot serenade-kompetisie in April, ’n koor-kompetisie in Junie en die toneelkompetisie in September.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za