Vrou sterf
2010-02-04
SPITSVERKEER tussen Paarl en Wellington het Dinsdag tot stilstand gekom toe ’n vrou van Smartietown dood is toe sy deur ’n motor getref is in Jan van Riebeeck-rylaan. Regina Coetzee van Dianastraat het omstreeks 06:45 die besige pad oorgesteek onderweg na haar werk toe. Sy het haar klaarblyklik met die aankomende verkeer misgis en is naby die verkeerslig by die Daljosafat-verkeerstoetssentrum deur ’n Mercedes Benz getref. Sy het op die toneel gesterf. Die bestuurder van die voertuig was erg geskok na die voorval.
More
News
|