Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulde vir dr Möller

Hulde vir dr Möller
 
2005-09-08


’n BEKENDE inwoner en mediese praktisyn van die Paarl, dr Francois Möller (77), is verlede Woensdag in die Luthando-sentrum vir verswakte pasiënte oorlede.

’n Diens om hom te huldig word Saterdag om 10:00 in die Strooidakkerk gehou.

Dr Möller, ’n gebore en getoë Paarliet, was bekend as mensevriend en veral vir sy uitgebreide praktyk onder minderbevoorregtes.

Tydens sy studie aan die Universiteit van Kaapstad het die onverwagse dood van sy 15-jarige broer, Wilbert, ’n lewenslange indruk op hom gemaak.

Hy is kort hierna, in 1949, onder moeilike omstandighede na Nederland waar hy sy studies aan die Vrije Universiteit van Leiden voortgesit het.

Hy het tuisgegaan in Oegstgeest aan die Zendinghuis waar hy diep onder die indruk gekom het van sendingsake in veral die Ooste en Afrika.

Hier smee hy vriendskappe wat sy lewe lank sou voortduur en ontmoet sy eerste vrou, ook ’n mediese student.

Die egpaar werk vir ses jaar in Amerika as mediese praktisyns, voordat hulle in 1962 na die Paarl verhuis.

Die droom van sendingdokter word in Nigerië val aan skerwe, omdat dit nie gedoen kon word met ’n Suid-Afrikaanse paspoort nie.

Die groot nood onder die bruin en swart gemeenskap het hom oortuig om in die Paarl sy lewenstaak aan te pak.

Sy seun Frank vertel dat sy pa veral bekommerd was oor die groot getal kinders wat gesterf het aan ondervoeding.

Waarskuwings oor tronkstraf is voor ander pasiënte gegee en dit het gewoonlik die gewenste uitwerking gehad - minder kindersterftes.

Frank vertel hoe hy by geleentheid in die nag saam met sy pa plase toe is om pasiënte te besoek.

“Daar was nie lig of water nie en ons moes met flitsligte soek na die siek mense.”

Dr Möller het soms meer as tweehonderd pasiënte per dag gesien. Hy wou nie eens vakansie neem nie, want hy was te bekommerd oor sy pasiënte.

Hy het ook noodoperasies uitgevoer, soms onder moeilike omstandighede op die plase.

Dr Möller was baie aktief in die Strooidakgemeente en was verskeie kere leierouderling.

Dit nadat hy gedurende die 1970’s sy profetiese stem hoorbaar gemaak het toe hy die NG-kerk Sinode uitgedaag het in die pers (The Cape Times, 17 October 1974) oor standpunte soos onder meer apartheid wat afgesweer moet word en die “vuil politiek” wat vervang moet word met Christelike leiers.

Hy was ook vir verskeie jare betrokke by die WP Amateurboksvereniging as dokter en as sekretaris en het hom ook op die politieke terrein begeef.

Hy het oor die jare drie keer as onafhanklike kandidaat gestaan - in die Paarl, Malmesbury en die Karoo.

Dr Möller word oorleef deur sy vrou, Christine, Luzelle in die Paarl en vier kinders en nege kleinkinders wat oorsee woon (Anne, Frank, Hilde en Jan), asook drie susters.

’n Dankdiens word Saterdag om 10:00 in die Strooidakkerk gehou. Geen blomme, bydraes aan Luthando (wat saamgebring kan word na die diens).



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za