Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


ACVV soek helpende hande

ACVV soek helpende hande
 
2010-02-25

Christine Siebrits

MIN mense besef dat die Wellington ACVV uitgebreide maatskaplike dienste aanbied, afgesien van hul betrokkenheid by Silwerkruin-ouetehuis en die dienssentrum vir senior burgers.

Maatskaplike dienste in Wellington is in verskillende areas verdeel en elke area word deur sy spesifieke maatskaplike diens bedien – Bovlei, Blouvlei, Ranzadale-plase, Berg-en-Dal, Noord-gemeente, Oos-gemeente, Hoofstraat, die area om die Stasie en die Gholfbane en Uitsig.

Die “onsigbare” dienste is daardie wat toegespits word op die beveiliging van kinders en ander individue wat in hoë risiko omstandighede verkeer.

Dit sluit in kindermishandeling en -verwaarlosing, tienerswangerskappe, gesinsgeweld, MIV/Vigs , drank- en dwelmmisbruik en dakloses. Daar klop gereeld mense aan wat smeek om kos en klere.

Groep- en gemeenskapswerkprojekte is daarop gemik om selfversorgende gemeenskappe mee te bring. Hiervoor is daar helpende hande en finansiering nodig.

Helpende hande kan behulpsaam wees om enkelmaaltyd-kospakkies te voorsien, byvoorbeeld toebroodjies en ’n vruggie wat klaar verpak is, asook hulp met die insamel van donasies.

Maatskaplike werkers Rix Koorts en Maralise Strydom is tans besig met ’n uitgebreide kospakkie-projek vir hulpbehoewende gesinne wat befonds word deur die DA (Wyk 2) , Drakenstein Munisipaliteit en Monte Christo Ministries.

Die ACVV (tans geleë in ’n huis in Burgstraat) is op soek na ’n meer sentrale, maar bekostigbare perseel van 1 Junie.

Mense wat kan help, kan Marlene Hartmann (kantoorbestuurder) by 021-873-2204 skakel.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za