ATKV hou manne-aand
2010-02-25
DIE ATKV Wellington hou op Woensdag 24 Maart van 19:00 hul bekende Manne-aand in die Flappie Lochnersaal, Boland-stadion waartydens ’n heerlike ete bedien word. By die geleentheid sal ook ’n whiskyproe aangebied word sowel as ’n wynveiling. Prystrekkings sluit onder andere ’n naweek by Goudini, intekengeld vir een jaar op die tydskrif Weg asook die Taalgenoot in. Kaartjies is R80 per persoon by Hentas Kotze 083-3097-411.
More
News
|