Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe polisiestasie kom

Nuwe polisiestasie kom
 
2010-02-25


NA jare van pleit, soebat en selfs trane stort, lyk dit asof ’n nuwe polisiestasie wel in die pyplyn is vir Wellington.

Die huidige polisiestasie op die hoek van Jan van Riebeeck- en Malherbestraat is byna 100 jaar oud en bars behoorlik uit sy nate uit.

Die stasie is destyds opgerig om 25 beamptes te huisves, maar nou moet meer as ’n honderd personeellede soos sardientjies hiér hul pligte nakom.

En behalwe vir die spasietekort wat personeellede erg ontwrig, begin die gebou nou uitmekaar val.

Die situasie het so vererger, dat die speurders meer as twee jaar gelede die trekpas gekry het, en hulle word nou gehuisves langs die brandweerstasie in Hoofstraat.

En volgens senior polisiebeamptes is dit nie ’n praktiese oplossing nie.

Maar daar is nou lig aan die einde van die tonnel, met ’n stuk staatsgrond op die hoek van Pentz- en Swartzstraat, langs die daghospitaal, wat geoormerk is vir die oprigting van ’n splinternuwe polisiestasie.

Volgens ingeligtes is ’n nuwe Wellington polisiestasie op die prioriteitslys van die Departement van Veiligheid.

Die oppervlakte van die nuwe polisiestasie sal byna 6000m² wees en ten minste 170 personeellede sal hier geakkommodeer kan word.

Behalwe algemene dienspunte en die aanklagkantoor, sal daar genoegsame kantore wees vir die speurders, administratiewe personeel en ander polisiebeamptes.

Dit sal ook beskik oor opleidingslokale en selblokke, en daar behoort genoegsame parkering vir beide personeellede en die publiek te wees.

Alhoewel die stasie beslis op die kaarte is, kan daar nog nie ’n presiese tydraam gegee word vir die bou daarvan nie.

Tans is daar ’n omgewingsimpakstudie onderweg, waarna die erf gehersoneer moet word. Hierna moet planne goedgekeur word, tenders geadverteer word, en dan eers kan die bouwerk begin.

Maar daar word gehoop dat as die burokratiese wiele nie te stadig draai nie, die nuwe polisiestasie binne twee jaar in werking kan wees.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za