Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee Wellingtonners sterf

Twee Wellingtonners sterf
 
2010-02-25


’n VROU wat sewe maande swanger is met haar eersteling, is die afgelope week geruk deur die skielike dood van haar man in ’n motorongeluk.

Rupert Odendaal (33), wat by H & H Spares in Wellington gewerk het, was Woensdagaand ongeveer 22:45 op pad na sy huis in die Perdeberg-omgewing, toe hy beheer oor sy motor verloor het op die Lady Loch-pad, net voor die aansluiting met die Malmesbury-pad.

Die motor het gerol en Odendaal is vermoedelik op slag dood toe hy uit sy motor geslinger is.

Odendaal en sy vrou Natalie sou in April hul eerste huweliksherdenking vier, en hul eersteling word in Maart verwag.

Nog ’n Wellingtonner, brandweeroffisier, Clam Samuels (36), het op 13 Februarie gesterf in ’n ongeluk naby Robertson.

’n Amptelike begrafnis is vir hom gehou deur sy kollegas van die Wynland-distriksraad (foto bl W3).

Samuels word oorleef deur sy vrou en drie kinders.

* Oud-Paarliet Leonard Koza (67), ’n bekende in literêre kringe, is Saterdag oorlede in ’n motorongeluk tussen Malmesbury en Durbanville, ná ’n kop-aan-kop-botsing met ’n vragmotor.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za