Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Slang trek in by kollege

Slang trek in by kollege
 
2010-02-25

Lise Beyers

PERSONEELLEDE van Hugenote Kollege was verlede week op hol, toe ’n bielie van 'n Kaapse kobra deur ’n kantoor naby die administratiewe blok geseil het.

Donderdagoggend het ’n sekretaresse van die leesterapie-afdeling byna die skok van haar lewe gehad toe sy die reuse-slang gewaar.

Bestuurslede is hiervan in kennis gestel en die hulp van die bekende slangkenner van Wellington, Danie Malherbe, is ingeroep.

Die vreeslose Malherbe het binne ’n japtrap die slang beetgekry, in ’n streepsak gesit en van die terrein weggeneem.

Die slang is later na die slangpark in Paarl-Noord geneem vir veilige bewaring totdat dit aan natuurbewaring oorhandig is. Hulle sal op hul beurt toesien dat die slang op ’n afgeleë gebied vrygelaat word.

’n Paar maande gelede het studente gesien hoe ’n Kaapse kobra oor die pad seil tussen Huis Cummings en die administrasieblok, maar dit is onmoontlik om te sê of dit dieselfde slang is.

Kaapse kobras, beter bekend as geelslange, is niks vreemds in die gebied nie. Die berge is immers vol van hulle, en hierdie tyd van die jaar kan hulle baie aktief wees.

Alhoewel hulle baie sku is, sal hulle woongebiede betree, op soek na kos. En nou soek hulle glo verwoed kos, want die winter lê net om die draai.

En op hul spyskaart is veral klein knaagdiere, wat dikwels geneig is om in tuinvullis te skuil.

Al is die geelslang een van die giftigste slange in die wêreld, sal hy egter eerder wegseil as aanval as hy in die omgewing van mense is. Indien hy bedreig voel en in ’n hoek gedruk word, dan gaan ’n mens tweede beste daarvan afkom.

Sy sig is swak, maar hy reageer oombliklik op beweging.

So, indien ’n mens skielik op ’n kobra afkom, staan doodstil, en hopelik sal die geelslang eenvoudig wegseil na veiligheid toe.

* A large Cape cobra was removed from an office at Huguenot College in Wellington.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za