Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington welkom

Wellington welkom
 
2010-03-04


DIE jaarlikse Wellington Wynroete Oesfees - die uitbundige viering van ’n dorp met ’n hart van wyn - word van 20 tot 22 Maart gehou. Die Vallei van die Wamakers nooi almal om te kom kuier en aan hulle versteekte lekkernye te kom proe en smul.

Hierdie jaar sit Wellington sy beste voetjie voor: geniet van topwyne uit elegante boetiekkelders, potketelbrandewyn, heerlike geregte, pieknieks en peuselkos tot opwindende buitelugpret soos vierwielmotorfietse, druiwetrap, trekkerritte en musiek wat die berge gaan laat antwoord gee.

Dis ’n gesinsfees en ouers kan die jongspan saambring om in die vars lug te baljaar, terwyl hulle heerlik uitspan by een van die kuiergebiede.

Toegang tot die fees beloop R60 per persoon (kinders onder 12 gratis) en dit sluit in ’n wynproeglas, kaart en program.

Armbande is beskikbaar by Wellington Inligtingkantoor of enige deelnemende wynkelder gedurende die naweek.

Kom kuier gerus in die gasvrye skatkis van die Boland. Wellington is gretig om jou met oop arms te verwelkom as ’n vriend - jy mag dalk net voel soos familie voor jy vertrek.

Besonderhede is by www.harvestfestival.co.za. Vir navrae, kontak tel 021-873-4604 of info@wellington.co.za.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za