Verdwaalde duif
2010-03-18
Lise Beyers
Willem Jansen van Mountain View, Paarl, versorg die afgelope week hierdie wedvlugduif wat homself tuisgemaak het by sy huis in Matthewstraat. Jansen vertel dat die duif eenvoudig in sy tuin te lande gekom het en net nie weg wil vlieg nie. Hy het vir hom gaan voëlkos koop, maar die duif is baie kieskeurig en eet net die sonneblomsaad daarin. Die kode op die ring wat om die duif se poot is, is SA2003114567. Jansen kan gekontak word by 073-219-5306.
More
News
|