Oud-prokureur oorlede
2010-03-18
’n Oud-prokureur van Wellington, Jacob (Japie) Duvenage (83). is verlede week ná ‘n siekbed oorlede.
Hy het die prokureurspraktyk Duvenage & De Villiers in 1976 in Wellington op die been gebring. Sy seuns, Bokkie en Louis, het vir etlike jare saam met hom gewerk voordat hulle die praktyk met sy aftrede in 2001 oorgeneem het. Dié boorling van Ceres was onder meer in die gemeenskap betrokke by die Andrew Murray Kinderhuis en die destydse Newclares Rugbyklub. Na sy aftrede het hy saam met sy vrou, Peggy, na Hermanus verhuis. Hy laat sy vrou, kinders Rika, Martie, Jacob, Bokkie en Louis en 12 kleinkinders. ‘n Dankseggingsdiens word môre (19 Maart) om 15:00 gehou by Bridgewater Manor in Somerset-Wes.
More
News
|