Vrou vier keer in nek gesteek
2010-03-25
’n VROU is Dinsdag wreedaardig aangeval terwyl sy tussen Pniel en Lanquedoc gestap het.
Die voorval het omstreeks 11:30 plaasgevind, terwyl Beverly Davids van Pniel op die bospad tussen die twee dorpe geloop het. ’n Man wat aan haar bekend is, het haar voorgekeer en na bewering op seks aangedring. Toe sy weier het hy haar vier keer met ’n mes in die nek gesteek. Davids se angskrete is deur ’n man in die nabyheid gehoor en hy het tot haar hulp gesnel. Die verdagte het ontsnap en Davids se redder het ’n verbygaande patrolliewa van die Groot Drakenstein Polisie aangekeer om te help. Sy is met ernstige beserings na die Stellenbosch Hospitaal geneem en is later oorgeplaas na Tygerberg Hospitaal. Die polisie is steeds op soek na die verdagte.
More
News
|