Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom kyk na die groot pampoene

Kom kyk na die groot pampoene
 
2010-03-25


DIE jaarlikse Groot Pampoenkompetisie se wenners gaan tydens die Agri Kaap-Week by Boland Landbouskool uitgestal word (15-17 April).

Hierdie groot pampoene is sowaar iets besonders om te aanskou.

Freshmark, die Shoprite Groep se vars groente en vrugte verkrygingsarm, bied jaarliks geleentheid aan pampoenboere van formaat om te wys waartoe hul in staat is in die Shoprite Checkers Groot Pampoenkompetisie.

Meer as 145 pampoengroeiers het in Augustus vir die 2010 Groot Pampoenkompetisie ingeskryf.

Dié wat gedurende die Wes-Kaap se ideale groeiseisoen van September tot Maart suksesvol hul groot pampoene kon kultiveer, sal uiteindelik teen mekaar te staan kom op 27 Maart.

Die enorme pampoene – wat met groot sorg in bakkies en trokke van regoor die provinsie aangery word – sal by Freshmark Kaapstad versigtig ingeweeg en die Groot Pampoenkampioen aangewys word.

Selfs dié wat nie die grootste pampoene gegroei het nie kan steeds met pryse wegstap vir die mooiste, onaardigste of mees unieke pampoen!

In 2008 was die wenpampoen ’n bielie van 397,5 kg en in 2009 het ’n pampoen van 295 kg met die louere weggestap.

Die kompetisiepryse van R10 000, R5 000 and R2 000 vir eerste, tweede en derde plek onderskeidelik sal ook op 17 April oorhandig word.

Besoekers sal hulself verder kan verlustig aan die groot verskeidenheid uitstallings en toeligtingsessies oor die jongste tegnologie, ondersteuningsdienste en navorsing in die landboubedryf soos aangebied deur Agri Kaap-Week.

Vir navrae oor die Groot Pampoenkompetisie, skakel 021- 980-7000.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za